|
Prys: R90/100/110 kykNET se sukseskomedie is uiteindelik in lewende lywe by die Woordfees op die Oude Libertas Amfiteaterverhoog te sien. Na die sukses by AARDKLOP, INNIBOS en KKNK is die kaapse gehore uiteindelik beskore om die soms aweregse improvisasie-komedie te beleef. Kom kyk hoe die talentvolle akteurs van Proesstraat op hulle voete dink (of oor hulle val), sweet en die kluts heeltemal kwytraak. Elke vertoning is ’n unieke ervaring. Kom lag en proes saam! Met o.a. Waldemar Schultz, Wikus du Toit, Pierre Breytenbach, Melt Sieberhagen.
|